LAAT MY DIT UITBASUIN Woorde: D.F. VILJOEN Musiek: Uit Swabe; verwerk: PIERRE MALAN Laat my dit uitbasuin: Daar's rose in my tuin! Maar skoner as die mooiste roos, met wangetjies wat saggies bloos, is sy vir my, vir my die allersoetste troos. Sy, is sy vir my, vir my die allersoetste troos. Vir lank het sy gevrees dat ek ontrou sou wees; maar dieprooi rose geure soet, 'n teken van my liefdegloed, het nou heel gou, heel gou getroos haar bang gemoed. Nou, het nou heel gou, heel gou getroos haar bang gemoed. My eie sal jy word, g'n trane ooit meer stort! In skadu of in sonneskyn, in vreugde of in smart en pyn, jy bly my by, my by en al my leed verdwyn. Bly, jy bly my by, my by en al my leed verdwyn.