DIE KAPPIE Woorde: B.A. DE WET Musiek: S.A. Volkswysie; verwerk: P. MCLACHLAN O Boerenooientjie fyn, ek wonder of jy weet, ag mapstieks, liewe kind, jou kappie het my beet. [REFREIN] Ag mapstieks toggie, map-stie-ke-lie-ke-la, map-stie-ke-lie-ke-la, map-stie-ke-lie-ke-la. Mapstieks toggie, map-stie-ke-lie-ke-la, jou kappie het my beet. Ag, draai tog effe net jou koppie na my kant dat ek die inhoud sien van kappie elegant. [REFREIN] Ag mapstieks toggie, map-stie-ke-lie-ke-la, map-stie-ke-lie-ke-la, map-stie-ke-lie-ke-la. Mapstieks toggie, map-stie-ke-lie-ke-la, jou kappie het my beet. Die haartjies bo jou oog sit waarlikwaar nog daar, die blos op lip en wang het vir jou verf gespaar. [REFREIN] Ag mapstieks toggie, map-stie-ke-lie-ke-la, map-stie-ke-lie-ke-la, map-stie-ke-lie-ke-la. Mapstieks toggie, map-stie-ke-lie-ke-la, jou kappie het my beet. Jou vingernaels, nooientjie, is sonder kunsgedoe en lyk tog nie soos die van 'n ou ietermagoe. [REFREIN] Ag mapstieks toggie, map-stie-ke-lie-ke-la, map-stie-ke-lie-ke-la, map-stie-ke-lie-ke-la. Mapstieks toggie, map-stie-ke-lie-ke-la, jou kappie het my beet. ----- Woorde en musiek: http://tortel.net/~lochner/blerkas/?lied=129