STAAN, POLLIE, STAAN Woorde: C.J. LANGENHOVEN Musiek: S.A. Volkswysie; verwerk: BOUDEWYN SCHOLTEN Staan, Pollie, staan, en laat jou gedagte gaan-- dat jy vir my kan sê of jy vir my wil hê. Sit, Pollie, sit, en luister nou--hier is dit: As jy nog langer draai, maak ek 'n ander swaai. Slaap, Pollie, slaap, as jy dan wil sit en gaap; en droom jy's baie mooi-- net juis my regte nooi. Loop, Pollie, loop, en gaan vir jou trougoed koop; en sorg jy dat dit pas, en goed bly deur die was. Kom, Pollie, kom-- kyk, hier's jou bruidegom; wil jy nie met my trou, dan trou ek maar met jou.