MOOIE MEISIES, FRAAIE BLOEME Woorde: Tradisioneel: Vers 1, 3; PIERRE MALAN: Vers 2 Musiek: S.A. Volkswysie; verwerk: PIERRE MALAN Mooie meisies fraaie bloeme, al die meisies wil ek soene. Sit die nonnas op 'n ry: kyk hoe mooi is sy vir my! Kan ek al die nonnas krye, sal 'k hul aan 'n snoertjie rye; Snoertjie rye paar aan paar, skink die jonkmans Nuwejaar! Baie nonnas 't kies en keure. Wie sal haar tog aan my steure? Net vir wie ek ogies maak, is die nonna na my smaak! Maar as sy nie loer na my nie, sal sy my sowaar nie kry nie! Daar's nog ander in die ry; dalk wag ene net vir my! Treurig' hartjie, lig van sinne, 'k wou so graag 'n stryd beginne. Voor jy weer 'n stryd begaan, vat dit nie so haastig aan: Haastigheid maak lig beroue; dis nie goed so jonk te troue! Huisverdriet kom net gewis eer jul in jul jare is. ----- Woorde en musiek: http://tortel.net/~lochner/blerkas/?lied=123