MY SKAT Woorde: C.G.S. DE VILLIERS Musiek: "s' Schatzli", Switserse Volkswysie; verwerk: D. HYMAN Waar Kaapland begin, by Kaapland verby, daar het ek twee kêrels--wie koop een van my? Waar Kaapland begin, by Kaapland verby, daar het ek twee kêrels--wie koop een van my? My skat het dit mis, hy dink mos hy's mooi; hy's krom en hy's skeef en sy hare is rooi. As jy voel soos ek voel dan maak ons 'n plan-- dan word ek jou vroutjie en jy word my man. My suster speel fluitjie, my broer klarinet, Pa gee Ma 'n loesing--en daar's die kwartet! My skat is geen suiker--ek is ook maar bly-- ek hou nie van lekkers; dus pas hy by my!