SUIKERBOSSIE Woorde: Tradisioneel Musiek: S.A. Volkswysie; verwerk: PIERRE MALAN Suikerbossie, 'k wil jou hê, Suikerbossie, 'k wil jou hê, Suikerbossie, 'k wil jou hê; wat sal jou mamma daarvan sê? Dan loop ons so onderdeur die maan, dan loop ons so onderdeur die maan, dan loop ons so onderdeur die maan-- ek en my Suikerbossie saam! Sy kan nie kos kook nie, haar kos is rou; sy kan nie tee maak nie, haar tee is flou; sy kan nie brood bak nie, dis als verbrou: tog wag ek, Suikerbossie, net vir jou! O Siena, ek's lief vir jou; Siena, ek's lief vir jou, Siena, ek's lief vir jou; Siena, wat sê jou mamma nou? ----- Woorde en musiek: http://tortel.net/~lochner/blerkas/?lied=114