KOM DANS KLARADYN Woorde: C.F. VISSER Musiek: S. LE R. MARAIS [2x] Kom dans Klaradyn, kom en dans weer met my op maat van die aandwind wat wieg oor die wei. Die blomme hul nooi ons, die feesmaal is klaar; die sterretjies brand al, die maan is al daar. [REFREIN] Kom dans Klaradyn, kom dans Klaradyn, kom en dans weer met my, weer met my op maat van die aandwind wat wieg oor die wei, op maat van die aandwind wat wieg oor die wei. Kom dans Klaradyn, kom dans Klaradyn, kom en dans weer met my, weer met my op maat van die aandwind wat wieg oor die wei, die aandwind wat wieg oor die wei. [2x] Vertel Klaradyn, kom vertel my dat jy die koninginbruid van my hart ook gaan bly as blomme verwelk en die weelde vergaan, as sterre verbleek en verduister die maan. [REFREIN] Vertel Klaradyn, vertel Klaradyn, kom vertel my dat jy my, dat jy die koninginbruid van my hart ook gaan bly, die koninginbruid van my hart ook gaan bly. Vertel Klaradyn, vertel Klaradyn, kom vertel my dat jy my, dat jy die koninginbruid van my hart ook gaan bly, die bruid van my hart ook gaan bly. ----- Woorde en musiek: http://tortel.net/~lochner/blerkas/?lied=112