BOLANDSE NOOI'NTJIE Woorde: THEO W. JANDRELL Musiek: "Beautiful dreamer wake unto me", STEPHEN C. FOSTER, Tweede stemparty: PIERRE MALAN Bolandse nooi'ntjie, stil is die nag, soet is jou rus na die lang, lange dag! Saans in my drome kom ek na jou, smagtend na lonkies uit oë so blou. Berge en dale kan ons nooit skei, want in die droomland ontmoet jy vir my. [REFREIN] Bolandse nooi'ntjie, stil is die nag! Kom in my drome, o liefste, ek wag! Kom in my drome, o liefste, ek wag! Bolandse nooi'ntjie, sluimer nou sag, ver in die droomland ontmoet ons vannag, daar waar die blomme weelderig groei, daar waar die strome sag murmelend vloei. Soos in vergange dae weleer, troos ons mekaar weer met soentjies so teer. [REFREIN] Bolandse nooi'ntjie, stil is die nag! Kom in my drome, o liefste, ek wag! Kom in my drome, o liefste, ek wag! Kopiereg van die Begeleiding: The Music Publishing Co. of Africa (Pty.) Ltd.