DONKERBRUIN VONK'LENDE OË Woorde: F. VILJOEN; gewysig: P. MCLACHLAN Musiek: RÜTTGERS; verwerk: D. HYMAN Donkerbruin vonk'lend haar laggende oë, vrolike onskuld haar grootste genoë, so sag en lieflik haar handjies fyn, haartjies blond en hartjie so rein; [REFREIN] Skertsend loer sy na my, vrolik sing sy en bly van ditjies en datjies en wie weet watjies: Tra-la-die, tra-la-da, tra-la-la-die, tra-la-la, tra-la-die, tra-la-da, tra-la-la-di-ra! Skyn in die lente die maan deur die bome, loop ieder paartjie verlief langs die strome. Hou handjies, steel gou 'n soentjie soet --lentelewe bruis deur my bloed: [REFREIN] Skertsend loer sy na my, vrolik sing sy en bly van ditjies en datjies en wie weet watjies: Tra-la-die, tra-la-da, tra-la-la-die, tra-la-la, tra-la-die, tra-la-da, tra-la-la-di-ra! O die betow'ring van skoon lente maande, lieflike uurtjies op stil maanligaande; sag fluister ek haar my liefde trou, maar wanneer ek handjie wil hou: [REFREIN] Skertsend loer sy na my, vrolik sing sy en bly van ditjies en datjies en wie weet watjies: Tra-la-die, tra-la-da, tra-la-la-die, tra-la-la, tra-la-die, tra-la-da, tra-la-la-di-ra! ----- Woorde en musiek: http://tortel.net/~lochner/blerkas/?lied=105