GERTJIE Woorde: Anoniem Musiek: G.F. ROOT; verwerk: DIRKIE DE VILLIERS [HY] Wanneer kom ons troudag, Gertjie, Gertjie? Hoe's dit dan so stil met jou? Ons is so lank verloof al, Gertjie, Gertjie; dit is tyd dat ons gaan trou. [REFREIN] Glo tog, Gertjie, ek sal nooit nie, nooit nie nog langer aan jou sleeptou bly nie, bly nie. Jy dink miskien ek kan nie dood nie, dood nie; maar my jare gaan verby. [SY] 'k Hoor jy is verlief op Sarie, Sarie; maar die pret moet jy laat staan! O, pas maar op vir Piet en Danie, Danie, hulle kan jou sommer slaan. [REFREIN] Glo tog, Gertjie, ek sal nooit nie, nooit nie nog langer aan jou sleeptou bly nie, bly nie. Jy dink miskien ek kan nie dood nie, dood nie; maar my jare gaan verby. [HY] Gertjie, as ons Sondags kuier, kuier agter om die kop verby, dan sê ek: Nonnie lig jou sluier, sluier, kom en gee 'n soen vir my. [REFREIN] Glo tog, Gertjie, ek sal nooit nie, nooit nie nog langer aan jou sleeptou bly nie, bly nie. Jy dink miskien ek kan nie dood nie, dood nie; maar my jare gaan verby. [SY] Jannie, al die soentjies help nie, help nie; kyk vir Pieter en vir Griet: vandag wil hul mekaar nie hê nie, hê nie; al die soentjies was verniet. [REFREIN] Glo tog, Gertjie, ek sal nooit nie, nooit nie nog langer aan jou sleeptou bly nie, bly nie. Jy dink miskien ek kan nie dood nie, dood nie; maar my jare gaan verby. [SY] Jan, laat staan die pret maar liewer, liewer, ons moet maar die soen laat bly; ek volg my eie paadjie liewer, liewer; Jy kan dan na Sarie vry. [REFREIN] Glo tog, Gertjie, ek sal nooit nie, nooit nie nog langer aan jou sleeptou bly nie, bly nie. Jy dink miskien ek kan nie dood nie, dood nie; maar my jare gaan verby. Melodie is ontleen aan G.F. Root se "Just before the battle, Mother" en is tydens die Amerikaanse Burgeroorlog geskryf.