DIE JAWOORD IS UIT Woorde: NICO HOFMEYR; gewysig: P. MCLACHLAN Musiek: NICO HOFMEYR; verwerk: D. HYMAN Die Jawoord is uit, in die huwelikskuit seil jy, liewe Bruid, seil jy nou; as stormwinde kom en skuitjie val om, ag! mag dit jou nooit nie berou! Ag! Mag dit jou nooit nie berou! Ag! Mag dit jou nooit nie berou! As stormwinde kom en skuitjie val om, ag! mag dit jou nooit nie berou! Geheg is die band met hart en met hand; die bruidegom is tog so bly; sy hart is gerus, hy gee haar 'n kus-- die bruidjie so lief aan sy sy! Die bruidjie so lief aan sy sy! Die bruidjie so lief aan sy sy! Sy hart is gerus, hy gee haar 'n kus-- die bruidjie so lief aan sy sy! Geluk, man en vrou, dit wens ons jul nou; geluk, julle twee bymekaar! 'n Lied en 'n lag op die huweliksdag en 'n glasie omhoog op die paar! 'n Glasie omhoog op die paar! 'n Glasie omhoog op die paar! 'n Lied en 'n lag op die huweliksdag en 'n glasie omhoog op die paar! Nou Niggie en Neef, al gaan dit hoe skeef, bewandel jul weg hand aan hand! Met liefd' in die hart, in blydskap en smart "kom alles mos reg", sê Jan Brand. "Kom alles mos reg", sê Jan Brand. "Kom alles mos reg", sê Jan Brand. Met liefd' in die hart, in blydskap en smart "kom alles mos reg", se Jan Brand.