GRIETJIE Woorde: P. IMKER HOOGENHOUT Musiek: EMIEL HULLEBROECK Griet, my skat, en weet jy wat die mense nou weer praat? Dat ek en jy dalk ander maand nog voor die preekstoel staat. Ek weet nie wat jou plan is nie, maar myn' is lankal klaar, en as jy net die woordjie sê, dan trou ons met mekaar! [REFREIN] Grietjie, my liewe Grietjie, ek het jou baie lief. Ag! luister na my liedjie, my skone Grietjie, my hartedief! Meimaand, my hart, is vrymaand. Kom, ons twee vra jou Pa. Gaan maar saam en neem my naam, my hartlam, waarom is jy skaam? Sê tog net éénkeer ja! Griet, my skat, en weet jy wat? Die huis is al gebou en mooie meubels is gekoop; 't wag alles net op jou. Geen ding ontbreek en niks makeer. Word jy maar net my vrou dan is die hele wêreld reg en sal 't jou nooit berou. [REFREIN] Grietjie, my liewe Grietjie, ek het jou baie lief. Ag! luister na my liedjie, my skone Grietjie, my hartedief! Meimaand, my hart, is vrymaand. Kom, ons twee vra jou Pa. Gaan maar saam en neem my naam, my hartlam, waarom is jy skaam? Sê tog net éénkeer ja! Griet, my skat, en weet jy wat die mense verder sê omtrent die honderd pond van jou wat in die spaarbank lê? Hul sê: dit is net om jou geld dat ek jou het gevra; maar was dit neën-neëntig maar sou jy mos ook sê: Ja! [REFREIN] Grietjie, my liewe Grietjie, ek het jou baie lief. Ag! luister na my liedjie, my skone Grietjie, my hartedief! Meimaand, my hart, is vrymaand. Kom, ons twee vra jou Pa. Gaan maar saam en neem my naam, my hartlam, waarom is jy skaam? Sê tog net éénkeer ja! Opgeneem met die welwillende toestemming van die komponis en van die uitgewers G. Alsbach & Co., Amsterdam, uit Zes Liederen, 11de reeks, van Emiel Hullebroeck.