DIE SMID Woorde: H.P. VAN DER WESTHUIZEN: Vers 1; P.J. GROENEWALD: Vers 2 Musiek: JOHANNES BRAHMS Ek hoor hoe my skat sy hamer al swaaiend laat klink en laat dawer na noorde en suide soos klokkegeluide deur strate en stad. By skoorsteen so swart, daar sien ek my liefling in swaaiend beweging, die blaasbalk suis kragtig, die vlamme bruis magtig en vlam om hom heen. ----- Woorde en musiek: http://tortel.net/~lochner/blerkas/?lied=99