SLUIMER, BEMINDE Woorde: DIRK MOSTERT Musiek: S. LE R. MARAIS Kom sluimer as ruimer die winde beminde, oor nagt'like vertes verdwaal. Kom rus aan my boesem tot skigte van ligte die hemel se wydtes bestraal. Al wemel die hemel van sterre daar ver wat wag oor die donkertes hou, tog waak ek gedurig as wolke in kolke die uitsig besluier vir jou. Al wemel die hemel van sterre daar verre wat wag oor die donkertes hou, tog waak ek gedurig as wolke in kolke die uitsig besluier vir jou. Die klagte van nagte laat bome in drome in nare gedaantes verroer, tot skimme fatsoene, die donker deurflonker en deur die gordyne kom loer. Die nare gevare daar buite die ruite sal tog nie my liefste kan deer want dwars deur die huiling van winde beminde, is by jou my liefde so teer, my liefde so teer, my liefde so teer, my liefde so teer, my liefde so teer, so teer, my liefde so teer, so teer.