OP VLEUELS VAN GESANGE Woorde: P. MCLACHLAN Musiek: F. MENDELSSOHN-BARTHOLDY Op vleuels van gesange, geliefde, voer ek jou wiegend tot waar in maanlig die bergstroompie wag op jou. Dis daar waar die sagte geure van blomme langs die stroom jou lokkend, hartlik uitnooi om saam met hul te droom, jou lokkend, hartlik uitnooi om saam met hul te droom. Viooltjies, skaam en skugter, loer uit in skemerprag, Rose mét geur en luister, verkondig my liefde sag. En ver oor die groene velde, waar skapies rustig wei, weerklink die helder tone, as awendklokke lui, weerklink die helder tone, as awendklokke lui. Sag ruis nou die wind deur die blare, soel someraand en loom; op vleuels van gesange, geliefde sal jy droom. Geliefde, sal jy droom, sal jy droom. ----- Woorde en musiek: http://tortel.net/~lochner/blerkas/?lied=97