MOOIE MIETJIE Woorde: Tradisioneel Musiek: S.A. Volkswysie; verwerk: MARTHIE DRIESSEN Ek ken 'n mooi meisie--haar neusie lyk soos 'n radysie-- vandese week gaan ons twee trou. Eers sê sy: "Ag, ek kan nie." Toe sê sy: "Ag, ek willie!" Toe sê sy: "Jy nol nes 'n óú vrou." [REFREIN] O, Mietjie, mooie Mietjie, "Misses Donna Bietjie",[1] is 'n baie mooi naam. Toe ek haar eers ontmoet het, toe lyk sy net so soet net soos 'n klontjie suiker in my tee. Maar toe ek haar om haar nek wou vat, toe sê sy: "Ag, moenie wat, dan sal ek vir my mamma skree!" [REFREIN] O, Mietjie, mooie Mietjie, "Misses Donna Bietjie",[1] is 'n baie mooi naam. Ag, my liewe ou Mietjie tog, kom tog asseblief tog en woon nou same met my. Ek het nou 'n mooie huis, twaalf groot kamers en een kombuis, waar ons twee in kan bly. [REFREIN] O, Mietjie, mooie Mietjie, "Misses Donna Bietjie",[1] is 'n baie mooi naam. Toe het sy sommer ja gesê: "Ag, ou Jan, ek wil jou hê, maar dan moet jy my een ding beloë: dat jy nie sal rondflankeer, ag, dit maak my hart só seer, dan skop ek jou sommer onderstebo." [REFREIN] O, Mietjie, mooie Mietjie, "Misses Donna Bietjie",[1] is 'n baie mooi naam. Ag, my ou hartjie, met wangetjies soos 'n nartjie, ewig bly ek aan jou trou; maar dan moet jy onderdanig wees, alles doen in 'n sagte gees en my wees tot een behulpsame vrou. [REFREIN] O, Mietjie, mooie Mietjie, "Misses Donna Bietjie",[1] is 'n baie mooi naam. [1] Word ook soms uitgespreek as "Misses Dana-pitjie". S.A. Volkswysie, soos opgeteken deur Chris Lamprecht by Oom Gawie Bosman van Waterpoort, Noord-Transvaal. Die teks en melodie uit "Dit kom van ver af" van Chris Lamprecht (Die Staatsdrukkery, Pretoria) en word gereproduseer ingevolge die Staatsdrukker se Outeursvergunning 62 47 van 14-7-1978. ----- Woorde en musiek: http://tortel.net/~lochner/blerkas/?lied=96