GOUE KORING, GOUE HAWER Woorde: C.G.S. DE VILLIERS Musiek: Tsjeggiese volksliedjie; verwerk: DIRKIE DE VILLIERS Goue koring, goue hawer, goue gars, Piet is nog jonk maar hy boer 'n bars. Hy's die kêrel van die Pêrel, maar miskien tog glad nie sleg; hy's nie te klein, nie te groot, net mooi reg. Luister nooiens, luister nooiens, maak tog liewer 'n ander plan. Piet is myne, ek is syne; as die oestyd eers verby is word ek sy vroutjie en hy my man.