OU MAGJAAR SE LIEDJIE Woorde: EITEMAL Musiek: JAN BOUWS Daar buite drup, drup, drup 'n sagte somerreën; hier binne is elke drup 'n soen en elke soen 'n seën. Daar buite deur die wolke skiet kort-kort 'n bliksemflits; hier binne is dit die liefdeslig wat in jou ogies blits. Daar buite hoor ek onweer rammel soos 'n holle trom. Tot siens, my skat, ek moet laat spat; dit is jou ma wat kom. ----- Woorde en musiek: http://tortel.net/~lochner/blerkas/?lied=90