FYN SOOS 'N VLINDER Woorde: M.L. DE VILLIERS Musiek: M.L. DE VILLIERS Fyn soos 'n vlinder, sag soos satyn; niks sal ons hinder, liefste Maryn. Onder die bome loop ons en droom-- lieflike drome langes die stroom. O liewe uurtjie, waar is jy nou? O liefdesvuurtjie, sterf jy so gou? Droef is my lewe sonder jou lag; doelloos my strewe, klaar is my dag.