SALUT D'AMOUR Woorde: A.G. VISSER Musiek: S. LE R. MARAIS Ek ry in die veld in die môre, ek drink uit die kelk van die nag 'n heildronk geskep deur Aurore, uit die bruisende bron van die dag. Hoe glinster dit al in die ronde met pêr'lende trane van dou. Gedroom het, in nagt'like stonde, die blomme, my Liefste, my Liefste, van jou! Hoe fluister dit al deur die blare, so bly op die heldere noen, die wind het gespeel met jou hare, jou lippe, my Liefste, gesoen. Keer weer, o bevoorregte winde, en bring, as die weste verkleur, 'n groet van die veld, my beminde, my boodskap met blomme se geur. ----- Woorde en musiek: http://tortel.net/~lochner/blerkas/?lied=88