JY IS TOG SO LIEF EN BEMINLIK Woorde: DIRKIE DE VILLIERS Musiek: Uit die Kwast liederbundel; verwerk: DIRKIE DE VILLIERS Jy is tog so lief en beminlik, jou lippies so blosend en teer. Jy het die betow'rendste ogies. Ag, liefling, ek soek tog niks meer? Jy het die betow'rendste ogies Ag, liefling, ek soek tog niks meer? O, mag ek jou mondjie nou nader? Ek plaas daar 'n soentjie op neer. Ek druk jou verruk aan my hartjie. My liefste, jy soek tog niks meer? Ek druk jou verruk aan my hartjie. My liefste, jy soek tog niks meer? En kry ek nou dit vir my liedjie: 'n soentjie, 'n glimlaggie weer, dan stroom die geluk my weer teë en liefie, dan wens ek niks meer. Dan stroom die geluk my weer teë en liefie, dan wens ek niks meer.