DIE AFRIKAANSE POP Woorde: JANNIE, uit die koerant: "De Goede Hoop" Musiek: J.C. GRÜBEL; verwerk: DIRKIE DE VILLIERS Die wêreld, die is baie groot; dit weet die aap se stert, en oral kry jy meisies wat 'n heleboel is werd. Maar jy kan gaan van Oos tot Wes, en 'k wed jou vir 'n dop, dat nêrens kry jy so 'n nooi soos die Afrikaanse pop! Dat nêrens kry jy so 'n nooi soos die Afrikaanse pop! Die Franse nooi haar ogies blink baie lief, dit moet ek sê; haar neusie is so fyn en fraai en glad as jy wil hê! Sy's baie aanlokkend, ja dis waar, maar kêreltjie pasop! Gaan kry jou tienmaal liewer tog 'n Afrikaanse pop! Gaan kry jou tienmaal liewer tog 'n Afrikaanse pop! Die "Fräulein" uit die gawe land van worsies en van bier is 'n bekoorlik singertjie en tuis by die klavier; maar hoe jou frikkadel te braai en hoe te kook jou sop, daar kom sy by die hak nie van die Afrikaanse pop, daar kom sy by die hak nie van die Afrikaanse pop! Die Skotse blou-oog "lassie" met haar stem van silwer klank, het wangetjies soos rose en 'n nekkie lelieblank; maar al-la-let! Sy is te fyn, te tenger boonop, om skouer aan die wiel te sit, soos die Afrikaanse pop, om skouer aan die wiel te sit, soos die Afrikaanse pop! Die "miss" uit Engeland die weet hoe om hoedjies te bestel en van teaters kan sy jou 'n ganse lot vertel; maar as jy graag 'n vrou wil hê wat ook jou kous kan stop, vry dat dit kraak, ou boetie, na 'n Afrikaanse pop, vry dat dit kraak, ou boetie, na 'n Afrikaanse pop! Laat ander sê wat ander wil, maar hierso staan ek by: Jy kan g'n beter wyfie in die hele wêreld kry: Gesond, beskeie, sag en soet en vlytig nog boonop, sy's tog 'n alte liewe ding--die Afrikaanse pop! Sy's tog 'n alte liewe ding--die Afrikaanse pop! ----- Woorde en musiek: http://tortel.net/~lochner/blerkas/?lied=82