SNEEU Woorde: A.D. KEET Musiek: M.C. ROODE Sneeu, sneeu, lieflike sneeu daal op die aarde neer; daal op die aarde neer; op die aarde neer. Dit val en dit swewe; dit sterf en dit lewe. O kyk tog hoe kom dit alweer. Sneeu, sneeu, heerlike sneeu! Moeder, kom kyk tog hoe fraai! Sneeu, sneeu! Moeder, kom kyk tog hoe fraai! Miljoene klein vlokkies in stukkies en brokkies word wyd oor die wêreld gesaai, miljoene klein vlokkies in stukkies en brokkies word wyd oor die wêreld gesaai. Lieflik en rein en wit is die sneeu, lieflik en rein. Moeder, dit val en dit sweef in brokkies en stukkies met stote en rukkies-- presies of die hele lug leef! ----- Woorde en musiek: http://tortel.net/~lochner/blerkas/?lied=77