DIE SOMERTYD ROEP MY Woorde: EITEMAL; gewysig: P. MCLACHLAN Musiek: J.W. LYRA Dis somer! Hul roep my; die velde wat verkleur, die winde belaai met die blomme se geur. Soos die voëltjies wat draai deur die helderblou lug vermy ek al my kommer in vrye, vrye vlug, vermy ek al my kommer in vrye, vrye vlug. Kom same, dan stap ons die rooidag tegemoet wyl bruisend die lewe galop deur ons bloed en ons voetstap, so lustig, oor bulte weerklink lank voor die son sy beker, sy beker rooiwyn skink, lank voor die son sy beker, sy beker rooiwyn skink. Die ruimte, die ruimte, die tuiste van die Boer; gedurig gevare wat lê op die loer. Sy geselskap die winde wat vry oor hom waai en witte stapelwolke wat deur die hemel draai, en witte stapelwolke wat deur die hemel draai. Daarbo van die berg top lê ver en wyd gestrek die velde, die hemel waarlangs sterre trek. En daar voel ek gelukkig, versoen met my lot en hoor ek in die stilte die fluist'ring van my God, en hoor ek in die stilte die fluist'ring van my God. ----- Woorde en musiek: http://tortel.net/~lochner/blerkas/?lied=73