DAAR'S ONTWAKING EN LEWE Woorde: THEO W. JANDRELL; gewysig: G.G. CILLIÉ Musiek: FRIEDRICH SILCHER Daar's ontwaking en lewe, dit is lentegety; deur die lug aangeswewe kom die voëltjies so bly. Daar's blomme duisendkleurig op die velde oweral, en lenteluggies geurig in die sonnige dal, in die sonnige dal. Deur die laggende boorde en die graslande oor, word die vreugde-akkoorde in die môre gehoor van liedjies met die woorde: "O, die lente het gekom!" Dit klink uit alle oorde en weergalm om en om, en weergalm om en om. Langs die glimmende strome oor die leidam se wal, deur die struike en bome ruis 'n lied oweral. Die veld herleef en wemel en dis alles nuut gemaak: Dit voel vir my soos hemel as die lente ontwaak, as die lente ontwaak.