KOM LENTE, LIEWE LENTE Woorde: A.D.E. GUTSCHE en G.G. CILLIÉ, na "Komm, lieber Mai" Musiek: WOLFGANG A. MOZART Kom lente, liewe lente, en laat die plante groei! Laat in die tuin en velde die blommetjies weer bloei. Hoe sterk is ons verlange om weer 'n blom te sien! Kom lente, liewe lente: laat al die saad ontkiem! Kom met jou reën en sonskyn, maak alles buite mooi; gee blommeprag en weelde, viooltjies, blou en rooi. Kom gou en laat die rosies hul soete geure bring; gee grassies vir die diere; laat al die voëltjies sing. Die voëltjies sing so lustig hul liedjies vrolik, bly. Die kinders speel weer buite, hul voel gelukkig, vry. Kom gou dan, liewe lente, laat plante weeld'rig groei; laat mense hul verlustig in blomme wat weer bloei. ----- Woorde en musiek: http://tortel.net/~lochner/blerkas/?lied=71