NA BUITE Woorde: MEV. E. LOUWRENS Musiek: VON GEHRICKE, 1800 Die berge, blomme, bome, die helder waterstrome hul wink ons van daar ver, hul wink ons van daar ver. Ons klim oor berg en rante, ons sing en klap die hande uit pure lewenslus, uit pure lewenslus. Tra-lee, tra-la! Tra-lee, tra-la! Uit pure lewenslus! Tra-lee, tra-la! Tra-lee, tra-la! Uit pure lewenslus! Te gou vergaan die ure, en spoedig roep die gure sononderlug ons tuis, sononderlug ons tuis. Hoe lieflik lonk die ligte, en dierbare gesigte groet vrolik: "Welkom tuis!" Groet vrolik: "Welkom tuis!" Tra-lee, tra-la! Tra-lee, tra-la! Groet vrolik: "Welkom tuis!" Tra-lee, tra-la! Tra-lee, tra-la! Groet vrolik: "Welkom tuis!"