WANDELLIED Woorde: EITEMAL Musiek: "Lippe Detmold, eine wunderschöne Stadt", volksliedjie; verwerk: CHRIS LAMPRECHT As ek moeg word vir die lewe in die stad, lok my die wandelpad; As ek moeg word vir die lewe in die stad, lok my die wandelpad; in die veld pluk ek 'n wandelstaf van die naaste doringboompie af, en sing my wandellied, en sing my wandellied. Of ek luister na my eie voeteval op pad oor berg en dal. Of ek luister na my eie voeteval op pad oor berg en dal. Dan's ek weer die eensaam wandelaar na die lekker landstreek wie-weet-waar, 'n swerwer lewenslank, 'n swerwer lewenslank. En die blou plafon wat oor die velde strek sal saans my sluimer dek. En die blou plafon wat oor die velde strek sal saans my sluimer dek. En die sterreheer sal kom en gaan oor die maanverligte hemelbaan en vriend'lik wink van ver, en vriend'lik wink van ver.