DIS LENTE IN DIE BOLAND Woorde: P. MCLACHLAN Musiek: "L'inverno è passato", Italiaans-Switserse Volkswysie; verwerk: H. PIETER VAN DER WESTHUIZEN, 1978. Dis lente in die Boland, kom hoor die Piet-my-vrou; hy soek soos al die mense 'n maat om mee te trou. Piet-Piet, Piet-Piet, my vrou waar is jy nou? Ek is nog nie jou vrou nie, jy moet eers nessie bou! Dis lente in die Boland en al die voëltjies trou; Piet-Piet, my liewe vroutjie, ag, wat makeer jou nou? Piet-Piet, Piet-Piet, my vrou, jy moet onthou: 'n Piet-my-vroutjie-kêrel kan mos nie nessie bou! Dis lente in die Boland, die voëls het nes gebou; maar 'n geleende nessie: dis al vir Piet-my-vrou. Piet-Piet, Piet-Piet, my man, jy't my gevang; as ek nie met jou trou nie dan bly ek weduvrou!