EK SING VAN DIE WIND Woorde: C. LOUIS LEIPOLDT Musiek: WALTER SPIETHOFF; verwerk: G.G. CILLIÉ Ek sing van die wind wat tekeer gaan; ek sing van die reën wat daar val; ek sing van ons vaal ou Karooland, van blomme wat bloei by die wal; van water wat bruis oor die klippe; van duikers wat draf oor die veld; van voëls wat daar sing in die bossies-- maar nooit nie, nee nooit nie van geld, van voëls wat daar sing in die bossies-- maar nooit nie, nee nooit nie van geld! Vir my sing maar liewers van blomme; van al wat die vlei laat verkleur; van al wat die sonskyn laat spartel; van voorjaar en najaar se geur; vir my sing maar liewers van water; van duikers wat draf oor die veld; van rotse en branders en wolke-- maar nooit nie, nee nooit nie van geld, van rotse en branders en wolke-- maar nooit nie, nee nooit nie van geld! ----- Woorde en musiek: http://tortel.net/~lochner/blerkas/?lied=57