KYK, DIS SEPTEMBER WEER Woorde: C.G.S. DE VILLIERS Musiek: Italiaanse melodie; verwerk: CHRIS LAMPRECHT [2x] Kyk, dis September weer; laat al die vure brand! Dan hou ons weer 'n keer braaivleis doer by die strand. [REFREIN] Laat alle boeke tuis, laat sorge agterbly; Jeug en lentetyd gaan snel verby, ja, hulle gaan verby. Laat alle boeke tuis, laat sorge agterbly; Jeug en lentetyd gaan snel verby, gaan snel verby. [2x] Lente is oral weer, blou branders aan die strand, velde vol blommefleur; knoop nou die liefdesband. [REFREIN] Laat alle boeke tuis, laat sorge agterbly; Jeug en lentetyd gaan snel verby, ja, hulle gaan verby. Laat alle boeke tuis, laat sorge agterbly; Jeug en lentetyd gaan snel verby, gaan snel verby.