INTOG VAN DIE LENTE Woorde: P. MCLACHLAN Musiek: "Lore, des Försters Tochter", BERNHARD KUTSCH; verwerk: D. HYMAN Die lange wintermaande was grys en koud en kaal; deur winternagte, -aande het snerpend ryp gedaal. Maar mild en sag en onverwag het lenteluggie, loom en lou, die eerste blaartjie laat ontvou. Die helder kleur (La, la, la, la, la.) en blommefleur, (La, la, la, la, la.) die nuwe lewe maak ons harte bly. O lente, jy, (La, la, la, la, la.) o mooi gety, (La, la, la, la, la.) dis jy wat alles laat gedy! Kom die lente, kom die liefde; heerlik die wonder as weer die blomme bloei; vreugde, as by mense lewe bruisend deur die are vloei. En moet ons soms 'n traantjie droog, gou blink die vonkel in die oog! Ja, ja! Ja, ja! Ja, ja! En moet ons soms 'n traantjie droog, gou blink die vonkel in die oog! Ja, ja! Ja, ja! Ja, ja! Hoe leeg was eens my dae net soos die wintertyd; verlange, sugte, klae en droewe eensaamheid. Maar ook vir my kom vreugde bly-- 'n blom bloei in my hart se tuin; net soos die lente't sy verskyn met ogies blink, (La, la, la, la, la.) wat lok en wink: (La, la, la, la, la.) die mooiste bloeisel in my lentetuin. So lig en fyn, (La, la, la, la, la.) 'n vonkelwyn, (La, la, la, la, la.) was sy, my lentenooi'ntjie klein! Weg is donker, droewe dae; liefde in die hart maak mos alle mense bly! Weg die sugte, klae, al die eensaam tye is verby. En kom dan koue eendag weer, lente en liefde triomfeer! Ja, ja! Ja, ja! Ja, ja! En kom dan koue eendag weer, lente en liefde triomfeer! Ja, ja! Ja, ja! Ja, ja! ----- Woorde en musiek: http://tortel.net/~lochner/blerkas/?lied=55