KOKKEWIET Woorde: S.J.M. OSBORNE Musiek: P.J. LEMMER Het jy gehoor by die voor hoe die kokkewiet fluit, en die wêreld bekoor met sy heerlik geluid? Dis kokkewiet! Kokkewiet! Dan eers weer rus, heen en weer op 'n takkie gesus. En hy luister en wag op sy maatjie se koer, en hy luister en wag op sy maatjie se koer: Wiet-wiet-woer! Wiet-wiet-woer! Daar in die boom by die stroom; hoor jy hom? Hoor jy hom? Borsie van goud, lentes herout; luister hoe fluit hy dit glorieryk uit! Stilte, en luister hoe bly dat hy fluit: Lente kom! Lente kom!