DIE STEENBOKKIE Woorde: HARPER MARTINS Musiek: WALTER SPIETHOFF; verwerk: D. HYMAN Dis 'n bokkie, soos 'n stokkie, soos 'n kweperlatjie skraal, wat so vinnig oor die klippe soos die kweperlat sy wippe met sy skrale pootjies haal, wat so vinnig oor die klippe soos die kweperlat sy wippe met sy skrale pootjies haal, met sy skrale pootjies haal. Soos 'n mikkie waar 'n kwikkie nou sy nessie het gebou, soos die kweperboom sy stokkie wil die mooie kleine bokkie nou sy fiere koppie hou; soos die kweperboom sy stokkie wil die mooie kleine bokkie nou sy fiere koppie hou; nou sy fiere koppie hou. Hy's 'n skrale en 'n vale, ja, 'n skelme kleine bog, wat al seilend deur die grassies of al springend oor die plassies met sy nette pootjies spog, wat al seilend deur die grassies of al springend oor die plassies met sy nette pootjies spog, met sy nette pootjies spog. ----- Woorde en musiek: http://tortel.net/~lochner/blerkas/?lied=53