AL DIE VELD IS VROLIK Woorde: C. LOUIS LEIPOLDT Musiek: J. WEBER; verwerk: PIETER DE VILLIERS Al die veld is vrolik; al die voëltjies sing; al die kriekies kriek daarbuit'; elke sprinkaan spring. Al die koggelmannetjies kom om fees te vier; hier galop 'n goggatjie, daarso dans 'n mier. [KOOR] Nou gaan die kinders draai, nou gaan hul speel! Kom Sus, gee handjie! Almal moet draai! Boet gee ook handjie! Nou gaan ons swaai-- dis tog so prettig! Wie dans met my? Al in die rondte, vrolik en bly! Kom Sus, gee handjie! Almal moet draai! Boet gee ook handjie! Nou gaan ons swaai-- dis tog so prettig! Wie dans met my? Al in die rondte, vrolik en bly! Selfs die vissies spartel teen die kafferskuil; in die groot ou eikeboom droom 'n oupa-uil. Oral in Karooland is 'n ruik versprei: boegoeblom en appelkoos--kan jy beter kry? [KOOR] Nou gaan die kinders draai, nou gaan hul speel! Kom Sus, gee handjie! Almal moet draai! Boet gee ook handjie! Nou gaan ons swaai-- dis tog so prettig! Wie dans met my? Al in die rondte, vrolik en bly! Kom Sus, gee handjie! Almal moet draai! Boet gee ook handjie! Nou gaan ons swaai-- dis tog so prettig! Wie dans met my? Al in die rondte, vrolik en bly! Bind vir my tesame katjiepiering wit, bobbejaantjies blou en bont, rose in gelid, varings van die klippe, oral, ai só mooi, rooi kalkoentjies uit die vlei--blomme uitgestrooi. [KOOR] Nou gaan die kinders draai, nou gaan hul speel! Kom Sus, gee handjie! Almal moet draai! Boet gee ook handjie! Nou gaan ons swaai-- dis tog so prettig! Wie dans met my? Al in die rondte, vrolik en bly! Kom Sus, gee handjie! Almal moet draai! Boet gee ook handjie! Nou gaan ons swaai-- dis tog so prettig! Wie dans met my? Al in die rondte, vrolik en bly! Vrolik is die wêreld, vrolik rant en vlei! Elke koggelmannetjie het sy maat gekry. Elke gons'rig' goggatjie is getroud of vry: vrolik is die wêreld hier, vrolik veld en vlei! [KOOR] Nou gaan die kinders draai, nou gaan hul speel! Kom Sus, gee handjie! Almal moet draai! Boet gee ook handjie! Nou gaan ons swaai-- dis tog so prettig! Wie dans met my? Al in die rondte, vrolik en bly! Kom Sus, gee handjie! Almal moet draai! Boet gee ook handjie! Nou gaan ons swaai-- dis tog so prettig! Wie dans met my? Al in die rondte, vrolik en bly!