OESTYDLIED Woorde: Tradisioneel Musiek: Sweedse Volkswysie; verwerk: DIRKIE DE VILLIERS As eens weer die akkers vol geelrype graan met die gloed van die aandhemel straal, sal juigende harte, van vreugde voldaan, die oes van die lande gaan haal. Die gerwe swaai op teen die geurende mied. Dis die lente se einde en kroon. En suisende sonbesies sing saam die lied: die oes is die arbeid se loon. ----- Woorde en musiek: http://tortel.net/~lochner/blerkas/?lied=51