O LAAT MY TOG UIT Woorde: G. MES; gewysig: P. MCLACHLAN Musiek: J.F. TIERIE JR.; verwerk: D. HYMAN O laat my tog uit na bos en na spruit, waar storremwind stoei deur my hare, of gierende fluit met angstig' geluid deur takke wat dien as sy snare; waar ek aan die angs van my hart kan ontkom, my veilig verberg teen die wêreld, oorweldig deur skoonheid van berg en van blom deur glansende druppels bepêreld. Na kloof en na kruin, oor krans en oor duin waar blomme met onskuld betower, na vlinders wat sweef en alles wat leef in grasse, in struike en lower; waar ek die gewoel van die lewe ontvlug en ver weg verdwyn van die mense: geen nare gevare, geen bose gerug! O blye vervulling van wense! ----- Woorde en musiek: http://tortel.net/~lochner/blerkas/?lied=50