SUID-AFRIKA, ONS ERFDEEL Woorde: P. MCLACHLAN Musiek: H. PIETER VAN DER WESTHUIZEN, 1978 Suid-Afrika, geen ander sal ek vra. Jou naam te dra, my eer, Suid-Afrika. Dank vir die gawe, erfdeel sonder prys, deur God Almagtig aan ons toegewys. Suid-Afrika, ons rondom jou te skaar, ons dure plig, die erfdeel te bewaar. Talryk jou kinders, groot verskeidenheid: bind hul in trou Heer, tot saamhorigheid. Dank, Here, dank vir hierdie vaderland, so ryk bedeel met gawes uit u hand. Maar grootste gawe--dit moet ons ook vra: Adel van siel, Heer, seën Suid-Afrika.