GRENSLIED Woorde: A.P. VAN DER COLF Musiek: H. PIETER VAN DER WESTHUIZEN, 1976 Aan my land en aan my vriende stuur ek hierdie groet: Vrees nie vir die onbekende; hou net goeie moed! In gevare, aan die grense, sal ek t'rugdink aan my mense, en jul in my hart onthou, en jul in my hart onthou. Liefste, moet my nooit vergeet nie; bly aan my getrou. Na die stryd sal ons in vrede aan 'n toekoms bou. Al die lange, eensaam dae, al die stil en leƫ nagte-- vul dit met ons liefde, skat, vul dit met ons liefde, skat. Bo die kryg en bloed en wapens heers daar nog 'n stryd-- een van slu en bose magte teen geregtigheid. Mag die Vader, in genade, gee dat vrede met die jare grensloos in ons land regeer, grensloos in ons land regeer. ----- Woorde en musiek: http://tortel.net/~lochner/blerkas/?lied=44