MY LAND, SUID-AFRIKA Woorde: ANDRIES WASSERMAN; gewysig: G.G. CILLIÉ Musiek: GEORGE W. WARREN, 1892 Suid-Afrika, o land so ruim en vry; jy is die land deur God gegee aan my; jou het ek lief! Verkeer my land in nood, trou sal ek bly, ja, selfs tot in die dood. Suid-Afrika, o land van son en veld; jy is gekoop deur bloed van meenge held. Dierbaar die grond waar helde rus tot nou; hul het gestry, hul bloed geskenk vir jou. Suid-Afrika, die land waar God regeer. Heer, gee ons krag, ons wil U altyd eer; gee ons die moed vir dit wat ons moet dra. Heer, hoed ons land, beskerm, Suid-Afrika! ----- Woorde en musiek: http://tortel.net/~lochner/blerkas/?lied=43