SUID-AFRIKA Woorde: THEO W. JANDRELL Musiek: S. LE R. MARAIS; verwerk: DANITA NEL Ek bemin my land van harte, vaderland Suid-Afrika. Ek bemin jou berge, dale, velde sonder wederga, en jou sonskyn bowe alles, my geliefd' Suid-Afrika. Ek bemin my land van harte, my geliefd' Suid-Afrika. Ek bemin my volk van harte, Afrikaanse volk so vry, in beproewingsvuur gelouter, en deur swoeë taai gebrei. Ja, ek roem jou heldedade, my geliefde volk so vry. Ek bemin my volk van harte, my geliefde volk so vry. Ek bemin my taal van harte, moedertaal so sag, so soet. Nooit roof vreemde taal my liefde waar ek ook al swerwe moet. Taal van vrome voorgeslagte, my geliefde taal so soet. Ek bemin my taal van harte, my geliefde taal so soet. Ja, dit alles min ons harte. Kinders van Suid-Afrika, sing dit luid, vertel die wêreld, trots is ons die naam te dra. Een in hart, in sin en strewe vir geliefd' Suid-Afrika. Ja, dit alles min ons harte, my geliefd' Suid-Afrika. ----- Woorde en musiek: http://tortel.net/~lochner/blerkas/?lied=40