SLAAP RUSTIG, DAPPER HELDE! Woorde: THEO W. JANDRELL Musiek: J.S. DE VILLIERS; verwerk: G.G. CILLIÉ Slaap rustig, dapper helde, verby is al jul leed; vir onse malse velde met gras en blom bekleed. Vir vrou en kinders teer, vir volk en vaderlandseer daal jul soos dapper helde in eensaam grafte neer! Slaap voort, en rus in vree, slaap voort en rus in vree. Slaap rustig, dapper helde, na al jul smart en wee. Slaap rustig, vrome moeders, verby is al jul smart; jul moes met mans en broeders, die oorlogsrampe tart. In bange woesteny het jul geswoeg, gely en tog, soos vrome moeders, trou tot die dood gebly! Slaap voort en rus in vree, slaap voort en rus in vree. Slaap rustig, vrome moeders, na al jou smart en wee. Slaap rustig, liewe kleine, verby is jul geween, gestil jul smart en pyne, die donker nag daarheen. Klein bloeisels swak en teer, geval, verdor terneer. Jul bloei, soos liewe kleine, nou in die hemel weer. Slaap voort en rus in vree, slaap voort en rus in vree. Slaap rustig, liewe kleine, na al jul smart en wee.