GEDENK Woorde: BLIKOOR; gewysig: P. MCLACHLAN Musiek: C. MALAN; verwerk: G.G. CILLIÉ Nog tril ons hart van matelose smarte, nog groei geen grassie op die heil'ge plek waar grond en klip hul bleek gebeente dek-- Soet sy jul rus, o liefstes van ons harte. Nog klink die droewig' weeklaag in ons ore, die roep om hulp uit honger dood en dwang, nog hou die angs ons krimpend' hart gevang. O bange vraag: Is weersien ons beskore? Hoe wrang die weersin by die wrede lyding, by die verhaal van onverdiende leed; hoe sal die nageslagte ooit kan weet hoe groot die prys, die offer, die kastyding! Hoe kan ons? Nooit kan ons die swaar vergeet nie, die kale grafte roep: Onthou, onthou! Dink aan die lyding van jou kind en vrou. Geen sterflik' mens sal ooit die smart kan meet nie.