DIERBAAR SUID-AFRIKA Woorde: C.F. VISSER Musiek: F. FLEMING, 1805; verwerk: DIRKIE DE VILLIERS Land van die Vaders, Land van vrome Trekkers; jy is ons dure pand, ons geliefde Vaderland. Jou dien met al ons vlyt! Jou beskerm in sware stryd! Dierbaar Suid-Afrika. Gee ons die manne, rein in al hul wandel; manne met Trekkersbloed, trou in al hul handel. Dan is ons onbevrees, sal ons toekoms veilig wees. Dierbaar Suid-Afrika. Gee ons die vroue, eerbaar in hul wandel, vroue met Trekkersmoed, rein in al hul handel. Dan bly ons roem bewaar, dan ook bly ons volk gespaar. Dierbaar Suid-Afrika.