ONS VLAG Woorde: ERNST A. HARTWIG Musiek: A. METHFESSEL; verwerk: ERNST A. HARTWIG Nou waai ons Vlag en wapper fier! Sy kleure is ons vreugde; hul skoonheid spoor ons harte aan tot ware, ed'le deugde. Oranje dui op heldemoed wat krag vind by die Here; die Blanje eis 'n rein gemoed; die Blou verg trou en ere. Ons Vlag bly steeds ons eenheidsband. Al kom ook sware tye: dis God wat waak oor Volk en Land, Suid-Afrika ons eie. ----- Woorde en musiek: http://tortel.net/~lochner/blerkas/?lied=30