MY SUID-AFRIKA Woorde: G. MES: Vers 1, 2; P. MCLACHLAN: Vers 3 Musiek: RICHARD HOL; verwerk: CHRIS LAMPRECHT Waar die spruitjie kletter klater en die son ons fel begroet, waar die helder frisse water dromend wegvloei langs ons voet, sal die wind my juigtoon dra: 'k Het jou lief, Suid-Afrika, sal die wind my juigtoon dra: 'k Het jou lief, Suid-Afrika. Sien jy eers die rantjies, koppies, veld met plase bont bestrooi en die kloof vol blommeknoppies, weet jy: ja, my Land is mooi! In my hart sal ek jou dra: My geliefd', Suid-Afrika, in my hart sal ek jou dra: My geliefd', Suid-Afrika. Wees geseën, o land en lewe met geloof en moed steeds voort! Jou te dien, dit bly my strewe, altyd trou tot in die dood. Word ek sterwend weggedra: Dis vir jou, Suid-Afrika, word ek sterwend weggedra: Dis vir jou, Suid-Afrika.