AAN MY VADERLAND Woorde: O. VAN OOSTRUM, na "Ich hab mich ergeben" deur K.F. Massmann Musiek: J. FAISST, 1821; verwerk: CHRIS LAMPRECHT Ek het jou gegewe met hart en met hand, die liefde van my lewe, my dierbaar vaderland. Die liefde van my lewe, my dierbaar vaderland. Ek het jou my lewe met vreugde verpand; jou heil is al my strewe, my heerlik' vaderland. Jou heil is al my strewe, my heerlik' vaderland. Ek vra geen beloning, geen geld, eer of stand: Suid-Afrika, my woning, my liewe vaderland, Suid-Afrika, my woning, my liewe vaderland. Die heil wil'k verwerwe as guns uit Gods hand: Te lewe en te sterwe vir jou, my vaderland, te lewe en te sterwe vir jou, my vaderland.