AFRIKANERLIED Woorde: H.A. FAGAN Musiek: JOH. PETERS; verwerk: G.G. CILLIÉ By die ruwe Kaap van storme, waar die oseane bots en van oos en wes die golwe worstel om hul bakenrots, waar die maagdelike velde nog in skuwe skoonheid bloos, dit is waar jul wieg gestaan het, stoere Afrikanerkroos, dit is waar jul wieg gestaan het, stoere Afrikanerkroos. Werk en stryd was julle erfdeel, wat die vaderland jul gee, maar waardeur jul arm gespier is en jul hart tot staal gesmee. So gehard en so getemper, trek hul heen oor berg en vlei, en herskep tot tuin van Eden Afrika se woesteny, en herskep tot tuin van Eden Afrika se woesteny. Elke vyand moes getem word wat jul opmars wou betwis: die natuur se wilde kragte, die barbaar se sluwe lis. En geen mag van vreemde wapen, geen verow'raar sal jul vrees: nimmer in 'n slaaf se boeie rus die Afrikanergees, nimmer in 'n slaaf se boeie rus die Afrikanergees. Voorwaarts dan, getrou en wakker, moedig, kragtig steeds vooruit! Geen geweld, geen dwinglands woede sal jul ideale stuit. Laat jul roep oor berge dawer, oor die vlaktes voortgedra: Ewig hoog die vryheidsvaandel, stoere kroos van Afrika! Ewig hoog die vryheidsvaandel, stoere kroos van Afrika. ----- Woorde en musiek: http://tortel.net/~lochner/blerkas/?lied=21