MOOIFONTEIN Woorde: P. MCLACHLAN Musiek: "Londonderry Air", Ierse Volkswysie; verwerk: DIRKIE DE VILLIERS By Mooifontein, wanneer die somer nader, die bome bloei met lente elke jaar; as skadu's daal en rustig teen die awend, my mense tuis daar om die huis vergaar, o, Mooifontein, dan sing ek in my sange van jou, my tuiste aan die Suiderstrand; o, Mooifontein, ken jy ooit my verlange, my huis en haard, my vaderland. O, Mooifontein, jou somer's nou in volle gloed, jou hemelblou en ryp die vrug en aar; o, milde land, ek hunker na jou oorvloed; hoe ek jou min, kan net my hart gewaar. O, Mooifontein, ek hunker na jou sonneskyn, my bann'ling hart kwyn hier in winterkou; o, Mooifontein, jou roepstem is 'n soet refrein; eens kom ek weer terug na jou. ----- Woorde en musiek: http://tortel.net/~lochner/blerkas/?lied=18