WAAR DIE KOP VAN TAFELBERG Woorde: P.J. KLOPPERS Musiek: "Limburg is my Vaderland", H. THYSSEN; verwerk: CHRIS LAMPRECHT Waar die kop van Tafelberg deur die wolke steek, tot waar die Limpopo-stroom deur die bergwal breek; waar oor uitgestrekte veld rol die ossewa: Daar is my Vaderland, my Suid-Afrika, daar is my Vaderland, my Suid-Afrika. Waar die springbok vrolik speel in die geile gras, en die kraanvoël statig sweef oor die waterplas; sonskyn volop, helder lug, wat meer kan jy vra? Daar is my Vaderland, my Suid-Afrika, daar is my Vaderland, my Suid-Afrika. Waar protea's berg en rand sier met skoonste kleur, en die aandblom elke vlei vul met blommegeur; waar die akkers wyd en syd rykste oeste dra: Daar is my Vaderland, my Suid-Afrika, daar is my Vaderland, my Suid-Afrika. Waar 'n Christen-nasie woon, moedig, edel, sterk, Wat vir vryheid, vrede en reg eensgesind wil werk; waar 'n volk in God nog glo, nog sy seën vra: Daar is my Vaderland, my Suid-Afrika, daar is my Vaderland, my Suid-Afrika.